<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

‘n Kamer vir gister se lekker

 
News : 12 Jun 2014 108 Viewed By Jasper Raats 0

Die Piet Potgieter Monument Ouetehuis sal binnekort spog met ‘n nuwe multi-sensoriese kamer waar die nuutste tendense in die behandeling van Alzheimer’s en dementia sal plaasvind.
Die beplande fasiliteite is Dinsdag tydens ‘n heerlike  oggendtee deur die tehuis se bestuurder, Mariana van Tonder, aan gaste en die media be-kendgestel.
Sy het verduidelik dat die kamer gebruik sal word om pasiënte se sintuie te aktiveer en om hulle te help om goeie herinneringe te herleef. Dieselfde kamer word ook suksesvol gebruik om depressie te behandel.
Arbeidsterapeut, Chantelle Broodryk, is nou betrokke by die projek en het aan gaste verduidelik hoe dit vir mense met Alzheimer’s makliker is om in ‘n fantasiewêreld te funksioneer. Daarom kan die kamer ook gebruik word wanneer gesinne kom kuier.
Enige oudhede en selfs hedendaagse items kan aangewend word in hierdie kamer en die ouetehuis sal skenkings van goed soos vere, ou poppe, teddiebere, speelgoed diere, ou
grimering en ou hoede en pype verwelkom.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube