-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Die Wellness Centre in Lephalale kry gereeld besoek van allerhande vierpotige vriende. In die verlede was daar al ‘n lammetjie, bobbejaantjies, eendjies en selfs ‘n paar krimpvarkies wat oë kom wys het, vertel eienaar en fisioterapeut, Hannelie Cronjé). Dit is te danke aan Nicolene Nel, wat wild rehabilitasie by die veterinêre laboratorium in Lephalale doen. Dié dierekenner en liefhebber neem die diertjies wat sy versorg gereeld saam met haar na die Wellness Centre waar sy oefen. Verlede week het hierdie pragtige wit tiertjie by Hannelie kom kuier en sommer self ook ‘n bietjie fisioterapie vir die longetjies gekry.
0 Comments