-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Die groot ou Jakarandaboom wat al vir meer as 100 jaar voor die Geelhuisie langs Dros in Mokopane se hoofstraat staan het Vrydag sonder tyd of tyding omgeval.
‘n Motor wat onder die ou reus geparkeer was het in die slag gebly, maar gelukkig is niemand beseer nie.
“Die gesin wie se motor dit was het enkele
minute voor die boom geval het uitgeklim en in die restaurant gaan aansit vir middagete,” vertel Sue van der Merwe, die eienaar van die perseel.
Die Geelhuisie en sy Jakarandabome is bekend in Mokopane as die perseel waar die eerste Kierieklapper Kunstefees gehou is. Die huisie se stoep was die opelug verhoog vir die eerste fees se kunstenaars.
Daar was vinnig mense om te help om die boom te verwyder en die motor weg te sleep.
- Adele Essakow
0 Comments