<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Miljoene se skade aan Palm Park

 
Hotel bestuurder Chris Booyens staan in sy kantoor wat vroeg Saterdagoggend in ‘n brand verwoes is.
News : 12 Jun 2014 189 Viewed 0

Die Palm Park hotel, een van die oudste geboue in Lephalale het Saterdagoggend om 01:00 byna afgebrand toe ‘n brand vermoedelik in of buite die rekenaar kamer ontstaan het. Die oorsaak van die brand was teen druktyd nog nie bekend nie.
Hotelbestuurder, Chris Booyens, het hierdie week aan Noordelike Nuus gesê die skade word op tussen R10- en R15 miljoen beraam. Die rekenaarkamer, kantore,
ontvangs, konferensiekamer en die restaurant is erg in die brand beskadig. Die grootste skade is egter jare lange rekords wat in die brand vernietig is.
“Hoewel die verblyfkamers niks oorgekom het nie, is die kantore waaruit die besigheid bedryf word totaal vernietig. Ons kan in hierdie stadium geen nuwe gaste akkommodeer nie omdat ons byvoorbeeld nie kaarte vir die deure kan maak nie,” het Booyens verduidelik.
Teen druktyd was die assesors steeds besig met hul ondersoek.
Polisiewoordvoerder, Adjudant Offisier Frans Mokoena, het bevestig dat ‘n saak van brandstigting by die Lephalale polisie oopgemaak is. Volgens Booyens is dit standaard praktyk en sal die forensiese verslag kan bevestig of gemene spel vermoed word al dan nie.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube