-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
‘n Petisie vir skoner posbus geriewe, wat deur sowat 150 inwoners en posbus huurders geteken is, is verlede week deur DA raadslid, Sybil Nieuwoudt, aan die bestuurder van die Onverwacht Poskantoor Laurna Kekana oorhandig.
In die petisie word versoek dat die poskantoor binne 14 dae iets aan die onhigiëniese toestande by die poshokkies doen. Indien die poskantoor nie reageer nie dreig die ondertekenaars om nie hulle jaarlikse koste vir die huur van die posbusse te betaal nie.
Hulle sal daarop aandring dat pos by hulle huis afgelewer word. Die brief sê verder dat dit onaanvaarbaar is dat die posbusse 'n woonplek vir hawelose mense geword het.
Volgens Kekana is ‘n kwotasie reeds van die streekskantore af ingewin om die poskantoor gronde te omhein. Toegang tot die poshokkies sal dan slegs beskikbaar wees tydens
poskantoor-ure.
0 Comments