<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

‘Snotsiekte nie wildboer se skuld nie’ - sê hof

 
News : 20 Jun 2014 338 Viewed By Valerie Cilliers 0

Die hoë hof in Pretoria het beslis dat ‘n wildboer van Lephalale, Schalk van Heerden, nie aanspreeklik is nadat ses beeste op ‘n buurplaas in 2010 aan snotsiekte dood is nie. Die eiser, Nico Oosthuizen - ‘n beesboer wat grond langs van Heerden huur - het die saak met koste verloor.
Die saak het in 2013 ‘n draai in die Lephalale landdroshof gemaak waar die landdros bevind het dat daar nie konkrete bewys is dat dit van Heerden se wildebeeste is wat die siekte oorgedra het nie. Oosthuizen het geappélleer, maar voorverlede week is daar in sy appélsaak weer in van Heerden se guns beslis.
Van Heerden het hierdie week aan Noordelike Nuus gesê dat die uitspraak baie belangrik is vir wildboere in die omgewing. “Elke saak het meriete en moet so hanteer word. Die feit dat my familie dekades lank al op die grond met wild en beeste boer en die feit dat Nico geweet het dat daar Blouwildebeeste op my plaas is voordat hy beeste op die buurplaas kom vestig het, het ‘n baie groot rol in die saak gespeel.”
Volgens van Heerden is daar in die hof getuig dat beeste ten minste 1km van wildebeeste af gehou moet word om doeltreffend te voorkom dat beeste die dodelike siekte kry. Van Heerden se
verweer was dat dit baie meer koste effektief is om beeste in te kamp as wild. Die regter, Raylene Keightley, het bevind dat
Oosthuizen nie genoeg van sy kant af gedoen het om te verhoed dat sy beeste snotsiekte kry nie.
Van Heerden meen dat bees- en wildboere hulself moet vergewis van die gevare van snotsiekte en waar moontlik hulself verseker teen verliese of eise soos in sy geval. Sy raad aan
beesboere is om seker te maak dat hulle die regte regsadvies inwin voordat ‘n saak gemaak word.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube