<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Bossie gholfspelers kraai koning

 
News : 28 Jun 2014 40 Viewed By NoordNuus reporter 0

Laerskool Bosveld Primary se gholfspan het op Vrydag, 20 Junie aan die kwalifiserende kompetisie deelgeneem vir die Ernie Els Suid-Afrikaanse laerskole kampioenskappe. Minstens ‘n tweede plek was nodig.
Die Bossies het uit die staanspoor hul beste gegee, want hulle het geweet dat die beste drie tellings uit elke span van vier seuns bymekaargetel word om te bepaal watter spanne deurdring. Om alles te kroon, het Bosveld en Krugerpark gelykop in die tweede plek geëindig.
Dit het beteken dat daar uitgespeel moes word. Elke skool moes hul beste speler nomineer om die uitspeelputjies vir hul skool te probeer wen. Janco Lötter was die groot held, want hy het koelkop gebly en die uitspeelstryd vir Bosveld sommer al op die eerste uitspeelputjie beklink.
Die S.A. laerskole kampioenskappe word vanaf 8-10 Augustus op Middelburg gespeel en Laerskool Bosveld Primary hou duim vas vir hul vier gholf sterre wat hieronder op die foto gesien kan word, naamlik: Conrad Prinsloo, Christiaan Young, Diehann Pretorius en Janco Lötter.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube