<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Wapen teen die kop skrik hom nie af nie

 
Johanko Barnard het verlede Donderdag die groeiende misdaadprobleem in Onverwacht eerstehands beleef toe hy twee rowers helder oordag op heterdaad betrap het.
News : 28 Jun 2014 638 Viewed By Valerie Cilliers 0

Johanko Barnard het verlede Donderdag die groeiende misdaadprobleem in Onverwacht eerstehands beleef toe hy twee rowers helder oordag op heterdaad betrap het.
Johanko, wat in ‘n tuinwoonstel in Waterleliestraat woon, het gehoor hoe iemand 11:00 die oggend goed in die eienaar se huis rondskuif. Hy het geweet dat die eienaar nie tuis is nie en het gaan ondersoek instel. Een van die buitedeure het oopgestaan en daar was ‘n onbekende man by die deur.
Johanko het hom gevra waar die eienaar is en dié het geantwoord dat hy gery het. Met nadere ondersoek het hy besef dat die deur oopgebreek is. Hy het op die man geskree en dié het ‘n handwapen teen Johanko se kop gedruk en hom gevra of hy wil doodgaan. ‘n Tweede verdagte het uit die huis gehardloop en Johanko kon daarin slaag om ‘n stuk yster op te tel en die gewapende man in die gesig te slaan.
‘n Gestoeiery het ontstaan en Johanko het die rugsak van een van die verdagtes se rug afgetrek. ‘n Drankbottel en ‘n beursie het uitgeval. Toe een van die verdagtes dit wou optel het Johanko hom geduik, maar moes hom laat gaan toe hy weer die wapen teen sy kop voel. Die twee verdagtes het te voet gevlug.
Die polisie is ontbied en het saam met familielede en die eienaar van die huis die verdagtes se spore gevolg. Hulle is gewaar waar hulle deur ‘n draad langs ‘n besige pad wou klim. Johanko het een van die verdagtes plat geduik en die polisie was gou daar om die man te arresteer. Die tweede verdagte is ook kort daarna gevang.
Johanko en sy familie het net lof vir die polisie en sekuriteitsfirma se vinnige optrede. Die huis eienaar se klere en skoene is teruggevind, maar sy kamera en klein items word steeds vermis en is vermoedelik aan ‘n iemand anders oorhandig. Die mans is in aanhouding en die saak word ondersoek.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube