<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Ou manne kan rugby speel!

 
Van links is Jurg van Heerden - afrigter van Mogol club, Anton Joubert - skeidsregter, Bennie Esterhuizen - kaptein van die Mogol tweedes en Frikkie Kotze - voorsitter van Mogol Rugbyklub.
News : 03 Jul 2014 118 Viewed By Valerie Cilliers 0

Omtrent 30 “ou manne” het opgedaag vir hul wedstryd teen die jonges van die Mogol tweedespan Vrydagaand by die Mogolklub.
Ten spyte van verskeie beserings het die ou  manne met 17 – 12 as wenners uit die stryd getree. Mogol rugby afrigter, Jurg van Heerden, sê hy was verstom oor die hoeveelheid toeskouers wat die wedstryde kom ondersteun het. “Dit is wonderlik vir Mogol rugby en ek wil al die ou manne wat Vrydagaand daar was nooi om Maandae en Woensdae aande vanaf 18h00 by die klub te kom ‘touch’-rugby speel.”
Die Mogol eerstespan het hulle wedstryd teenMokopane met 12 – 44 verloor. Die tweedespan kon hierdie seisoen daarin slaag om deur te dring na die semi-finaal wat 18 Julie in Mokopane gespeel gaan word.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube