<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Casa Feliz skenk R10 000 aan DBV met potjiekosdag

 
Beoordelaars.
News : 03 Jul 2014 537 Viewed By Helena Raats 0

Sowat ’n maand gelede het Casa Feliz eienaars, Yolanda Beetge en Lizelle Ferreira, besluit dat hulle ook wil betrokke raak by die pogings om die Mokopane DBV van finansiële ondergang te red.
Sommer vinnig het die twee dinamiese dames besluit om ’n potjiekos kompetisie te hou. Die dag is niks minder as R10 000 ingesamel vir die DBV.
Tydens die kompetisie, wat Saterdag 28 Junie by Casa Feliz se perseel in Thabo Mbeki-rylaan gehou is, het niks minder as 30 besighede en individue mekaar die stryd aangesê. Die reuke en geure het almal se monde laat water en daar was beesstert-, lamskenkel en hoenderpotjies om van te kies.
Die wenners was ’n privaatspan, bestaande uit onder meer Ricus Janse van Rensburg, BJ Smit en Nico Venter , wat as die “Rumpotters” ingeskryf het.  Hulle het ’n heerlike naweek weg vir 4 paartjies na die Boabab Wildsplaas gewen.
Die tweede plek oorwinning was die Petit Pois span, terwyl die derde plek deur die Debtsafe/Adcap span verower is.
Die fynproewers wat moes beoordeel was Melanie van Wyk, Marcelle Martiz, Madelein Hansen en Freddie van Wyk.
Casa Feliz beplan om die potjiekoskompetisie op ’n jaarlikse basis te hou, met die doel om elke jaar ’n ander liefdadigheidsorganisasie te ondersteun. Tans is daar slegs plek vir 35 potjiekos-spanne en hul moedig spanne aan om nou reeds in te skryf om hul plekke te verseker vir 27 Junie 2015. Skakel Casa Feliz by 015 409 7211.
Yolanda en Lizelle bedank graag al die borge asook almal wat ingeskryf het om die dag ’n sukses te maak.

 

 

 
 

Casa Feliz eienaars, Lizelle Ferreira en Yolanda Beetge oorhandig die tjek vir R10 000 aan Hetta Willemse van die Mokopane DBV.
Die 'Rumpotters' het die dag gewen met hul beesstertpotjie.
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube