<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Vlooimark skop goed af

 
Gesigverf bly gewild onder die kinders en hier is Reynard Smit besig om doodstil te sit.
News : 03 Jul 2014 110 Viewed By Helena Raats 0

“Vlooimarkte is ’n algemene verskynsel in die stede en dikwels ’n heerlike tydverdryf vir naweke,” vertel Madelein Hansen, die organiseerder van Mokopane se nuutste vlooimark in die Meat City parkeerarea.
Sy sê dat sy graag aan Mokopane se mense iets wou bied om hul naweke interessant te maak. Die vlooimark het Saterdag afgeskop met sowat 26 stalletjies wat alles van smaaklike kos tot modelvliegtuie, ingelegte vrugte en
groente asook handgemaakte items uitgestal het. Plaaslike sangsensasie Mia Louw het die voete aan die jeuk gehad en verseker dat die atmosfeer vrolik bly.
Madelein beplan om die vlooimark twee maal per maand te hou en sê dat daar reeds ’n klomp nuwe uitstallers is wat hul stalletjies bespreek het.
Die volgende vlooimark is 19 Julie in die Meat City parkeerterrein.

 

 

 
 

Beyers Smit, deesdae 'n lid van die parlement, het ook 'n draai by die vlooimark gemaak.
Renard Smit.
Madelein Hansen en sangeres Mia Louw by die nuwe vlooimark.
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube