<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Brandstigters maak amok

 
News : 03 Jul 2014 392 Viewed By Helena Raats 0

Johan de Beer van Schoemanstraat in Mokopane is brie-send nadat kwajongens vir die tweede keer in drie jaar sy palmbome Saterdagmiddag aan die brand gesteek het.
“Ek glo dit is bloot kwaaddoeners wat rondloop en die brande stig,” sê hy. “Drie jaar terug moes ek twee palmbome afkap omdat hulle te sleg beskadig was om te herstel.”
Wat hom egter hierdie keer nog meer dwars in die krop steek is dat daar ’n broeipaar Nonnetjiesuile in die palmbome bly. Gelukkig het hulle na ’n ander boom dieper op sy erf getrek: “ek hoop net nie daar was ’n nes wat afgebrand het nie.”
Indien enige iemand enige inligting het oor die brandstigters, kan hulle Johan bel op sy sel: 083 652 8814.
“Ek bied ’n beloning aan indien iemand kan help om die brandstigters te vang, want volgende keer brand hulle dalk per ongeluk ’n huis af wat te naby aan die palmbome staan!”

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube