<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

“Grondvoorstelle is belaglik” - TLU

 
News : 03 Jul 2014 116 Viewed By Valerie Cilliers 0

Voorstelle deur minister Gigile Nkwiti, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming dat helfte van kommersiële plase aan plaaswerkers oorgedra moet word, het groot opspraak in die landbougemeenskap gewek. Die minister het landbou-unies daarvan beskuldig dat hulle nie met daadwerklike planne vir grondhervorming vorendag kom nie.
Hoofbestuurder van TLU SA, Bennie van Zyl, stem egter nie saam nie en het net voordat hy in ‘n vergadering met die minister Maandag sou instap aan Noordelike Nuus gesê dat die TLU-SA al in 2009 werkbare planne vir grondhervorming na die tafel gebring het. “Met ons voorstelle sou die regering sonder twyfel hulle
teikens bereik het. Die huidige voorstel deur die minister is belaglik en gee die idée dat ‘n ander agenda gedryf word.”
Ingevolge Nkwinti se voorstelle wat verlede jaar Augustus vir die eerste keer met landbou-unies bespreek is, kan
eienaars 50% van hulle grond behou, terwyl arbeiders op die oorblywende 50% eienaarskap verkry. Die vergoeding vir die 50% wat die boer afstaan word nie aan hom uitbetaal nie, maar word in ’n ontwikkelingsfonds gestort waarby die hele plaas sal baat vind. Die landbougemeenskap het kans tot en met April volgende jaar om op die voorstelle te reageer.
TLU se voorstelle vir grondhervor-ming sluit in om staatsgrond, voormalige tuislande, en plase wat te koop in die mark aangebied word te gebruik vir grondhervorming. “Grondhervormingsvoorstelle moet lewensvatbaar wees en dit moet ekonomies sin maak. 66% van kommersiële plase in Suid-Afrika is met skuld gekoop. Dit maak dus nie sin om 50% van ‘n plaas wat gefinansier is weg te gee nie. Hierdie voorstelle is beslis nie getoets aan wat ekonomies haalbaar is nie. Dit bring voedselsekerheid, produksie en beleggings in gedrang. Indien die vryemark stelsel en privaat grondbesit nie erken word nie gaan niemand - nie plaaslike boere of die internasionale gemeen-skap - in grond belê nie.
Johannes Möller, president van Agri SA het verlede week in ‘n verklaring gesê:  “Voorstelle oor die verpligte afstaan van 50% van landbougrond deur boere aan plaaswerkers soos deur minister
Nkwinti verwoord, toon eienskappe van wat in Zimbabwe gebeur het. Die negatiewe resultate van so ‘n benadering sal nie maar gewoon as onvoorsien afgemaak kan word nie; die bewyse hiervan soos duidelik blyk uit ‘n wankelende ekonomie en gebrekkige voedsel situasie is baie sigbaar in ons noordelike buurstaat.”


Eisstelsel weer oop
Intussen het President Jacob Zuma ook Maandag die Wysigingswet op die Herstel van Grondregte onderteken. Hiervolgens word die grondeise proses wat aan die einde van 1998 gesluit het, heropen. Eisers het dus tot 30 Junie 2019 kans om grondeise in te dien. Met die vorige sperdatum het ongeveer 80 000 grondeisers hulle eise ingetel.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube