<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Kosie - boeremusiek se eie Mozart

 
News : 10 Jul 2014 153 Viewed By Valerie Cilliers 0

Weer te sien by hierdie jaar se Bosveldfees in Lephalale is Suid-Afrika se jongste konsertina speler - Kosie Beukes (6).
Hoewel dié Mozart van Boeremusiek al 13 musiekinstrumente kan speel, bly die konsertina sy gunsteling. Sy ma Julia vertel dat hulle verstom was toe Kosie op vier-jarige ouderdom die kitaar begin bemeester het. Kort daarna het hy sy musiekonderwyser op die konsertina hoor speel en dit was nie lank nie toe Suikerbossie Kosie ook op die konsertina.
Kosie het reeds landwyd naam vir homself gemaak en het op programme soos Kwela en Dagbreek TV kykers bekoor. 
Hy tree ook gereeld by funksies regoor die land op en gehore kan nie uitgepraat raak oor sy besonderse talent nie.
Sy eerste album, Kosie Beukes – Kielie die krismiswurm, word aan die einde van Julie by Laerskool Concordia in Boksburg, waar hy tans in graad 1 is, vrygestel. Bosveldfeesgangers kan egter die CD by sy vertoning Saterdag tydens die fees koop.
Wanneer mens die jong talentvolle musikant ontmoet besef jy gou - Kosie lewe vir sy musiek. As jy hom vra waar hy sy ta-lent vandaan kry is hy vinnig om te sê: “my regte pappa – Liewe Jesus”. Moet nie Kosie Beukes se vertoning Saterdag 11:00 by die Bosveldfees misloop nie.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube