<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Staat skeep bejaardes af hoor kinders

 
Die bekende gospelsangeres Ronel Erasmus en haar man John Mostert het kinders en ouers vermaak tydens die kinder/ouer saamkuierdag by die ouetehuis verlede Saterdag.
News : 10 Jul 2014 176 Viewed 0

As dit nie vir die bydraes van die kerk en organisasies soos Mutual & Federal Agri en fondsinsamelingsprojekte soos die Brille & Pille saamtrek was nie, sou die Piet Potgieter Monument Ouetehuis in Mokopane nie na behore vir sy inwoners kon sorg nie. So het die tehuis se bestuurder, Mariana van Tonder, onlangs tydens ‘n kinder/ouerdag by die tehuis aan haar inwoners se kinders gesê.
Die tehuis wat 78 bejaardes huisves waarvan 28 aan een of ander vorm van dimensie ly, word baie skraps deur die staat befonds. Inwoners wat minder as R1000 per maand inkomste kry, word met R3100 gesubsidieer deur die staat, maar dit kos R7400 per maand om ‘n persoon in die tehuis te huisves en versorg.
Boonop is die staat al R1,2 miljoen agter met subsidiegeld wat aan die tehuis betaal moet word, het Van Tonder gesê. Daarom is die tehuis voortdurend besig met fondsin-samelingsprojekte soos die verkope van die stokperdjiegroep se produkte en varsgebak uit die bakhuis.
Die groot bydraes kom egter uit projekte soos die Brille & Pille ‘biker’ saamtrek en die veteraanmotorskou.
Sy het die gemeenskap van Mokopane en haar inwoners se kinders bedank vir hulle steun en daarop gewys dat daar te midde van die uitdagings steeds vreugde en vooruitgang by die tehuis is. Sy het die multi-sensoriese kamer wat eersdaags in gebruik geneem gaan word uitgelig as een van die hoogtepunte hier-die jaar.
Hier gaan bejaardes, veral mense wat aan Alzheimers en dimentia ly, die geleentheid kry om terug te keer na ‘n tyd toe hulle gelukkig was en met die bystand van ‘n arbeidsterapeut, spelenderwys hul hedendaagse uitda-gings verwerk.

 

 

 
 

Mariaan van Tonder, bestuurder van die Piet Potgieter Monument Ouetehuis het verlede Saterdag aan besoekers tydens die tehuis se kinder/ouerdag verduidelik hoe hierdie kleurvolle voorskote terapeuties aangewend word in die ouetehuis.
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube