-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Toe Anel Moolman van die Kameeldoring Dierekliniek besluit het om ‘n spesiale dag ten bate van die plaaslike Dierebesker-mingsvereniging (DBV) te reël op 5 Julie, kon sy nie droom hoeveel ondersteuning sy vanuit die gemeenskap sou ontvang nie. Sonder sukkel is daar R5 800 in een middag ingesamel vir dié goeie saak.
“Nie net het sangers het hul tyd vrywillig aangebied en die gehoor op hul eie onkoste vermaak nie, maar mense van die hele Mokopane het die dag kom ondersteun,” vertel Anel. Die sangers het ingesluit ons eie Mia Louw, Bianca Mocke, Gerry Lee, Pauline Matthews, Leonard ‘Skaap’ Schaafma, Gerhard de Beer, Dylan Posselt en Anne-Marie Mailovich.
Die dag het bestaan uit stalletjies wat heerlike smulhappies verkoop het, asook houtspeelgoed, ingelegte vrugte en groente, warm chilli-souse en lekkergoed. Daar was gesigverf, ‘n skoonheidskompetisie (Mej. DBV) en die voete het gejeuk met bobaas musiek.
“Ek wil dankie sê aan almal wat daar was en die dag so 'n sukses gemaak het,” sê Anel. “Dankie aan die borge en sangers.”
Anel hoop om hierdie ‘n jaarlikse instelling te maak ten bate van die DBV.
0 Comments