-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Die Boveldbal wat verlede Vrydagaand by die Mogolsaal in Lephalale aangebied is het nie net die nuwe Mej. Bosveld aan ons bekendgestel nie, maar het ook aan feesgangers die geleentheid gegee om die verbeelding vlug te gee met die tema Gatsby.
Daar was vere en hoede, pragtige rokke en die dekor was asemrowend. Die sangpaar Zita Pretorius en haar man Burgerd (voorheen van Romanz) het die gehoor weggevoer met hulle pragtige sopraan en tenoor stemme wat saam perfek harmoniseer. Maar dit was die finaliste van die Mej. Bosveld kompetisie wat die aand laat skitter het. Die kroon het uiteindelik gegaan aan Joanita Visser (18).
Sy woon tans in Pretoria, maar is oorspronklik van Secunda. Alicia Schlemmer (19) is aangewys as die eerste prinses. Die oud leerder van Hoërskool Ellisras is verlede jaar gekroon as die Face of Lephalale Mall. Sy woon tans in Mokopane. Derde prinses is Chané de Jager (17), 'n leerder by Hoërskool Nylstroom.
0 Comments