<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Motorongeluk eis wildbemarker

 
News : 10 Jul 2014 477 Viewed By Valerie Cilliers 0

‘n Welbekende bemarker van Vleissentraal, Stefan Heystek (41), het vroeg Saterdagoggend op die Markenpad net buite Lephalale verongeluk.
Volgens Stefan Greyling, afslaer by Vleissentraal en 'n kollega, het Heystek, wat die afgelope 14 jaar bemarking in die Lephalale en Steenbokpan-omgewing gedoen het, Vrydag plakkate vir die Bosveldfees veilings in en om Lephalale aangebring.
Phillip en Jo-anne Bronkhorst en Tito en Nel-marie Nel het net voor 01:00, agter Heytek se voertuig gery. Hulle was op pad huis toe van die Bosveldbal af.
Volgens hulle het hy by die Visgatdraai beheer oor sy voertuig verloor en deur die wildheining gery.
Bronkhorst en Nel het tevergeefs probeer om deur die sekelbosse te sny om by hom uit te kom. Hulle het op die noodkanaal geroep en EZT Communications het op die noodroep gereageer. Traumar Ambulansdienste is ontbied en boere in die omgewing het kom help om drade te sny.
Hulle het die voer-tuig op sy dak sien lê, maar Heystek was nie in die voertuig nie. Aan die beursie wat in die voertuig gevind is kon hulle bevestig dat die bestuurder wel Stefan Heystek was.
Bronkhorst, wat Heystek goed gekenhet, het sy selfoonnommer geskakel en hulle het die selfoon sowat 20m van die motor af hoor lui. Daar het hulle op Heystek se liggaam afgekom, hy is vermoedelik opslag dood.
Johan Vosser, besturende direkteur van Vleissentraal Bosveld sê dit is 'n groot slag "nie net vir sy familie nie, maar ook vir die hele Bosveldgemeenskap."
Stefan laat sy vrou Adri en hul dogter, Stefanie, agter.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube