<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Mooiste blom en bul gekroon

 
Bosveldfees bulletjie wenner Viaud Bredenkamp (links) saam met die vyf blommetjies.Agter is Mej. Bosveld Joanita Visser en haar twee prinsesse Alicia Schlemmer (regs) en Chane de Jager.
News : 16 Jul 2014 126 Viewed By NoordNuus reporter 0

Die bekkige blommetjies en bulletjies wat hierdie jaar aan die Bosveldfees kompetisie in Lephalale deelgeneem het, het vele harte gesteel.
Dit was die onbenydenswaardige taak van die beoordelaar om ‘n wenner te kies uit vyf kostelike blommetjies en vyf pittige bulletjies.
Gedurende die finale uitdunne was daar met elk ‘n onderhoud gevoer en met baie selfvertroue is daar gesels oor hul gunste-
ling kos, hulle oulike juffrou, boeties en sussies wat soms lastig is en wie dan nou die kwaaiste in hulle huis is.
Hierdie jaar se blommetjie wenner is Boadecia Paten, eerste prinses Kera Prinsloo, tweede prinses Millisha Robinson. In die vierde plek was Lee-Mari Meyer en die vyfde plek Elize Kruger.
In die bulletjie afdeling het Viaud Bredenkamp met die louere weggestap, Caden Shepherd was tweede, Colin Robinson derde,  Phillip Loots vierde en  Francois Campher vyfde.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube