-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Die minister van polisie Nkosinathi Nhleko het Maandag tydens ‘n parlementêre polisie begrotings debat gesê die regering gaan plaasmoorde en aanvalle prioritiseer in sy geveg teen misdaad.
Nhleko het gereageer op ‘n vraag van die Vryheidsfront plus se Dr. Pieter Groenewald waarin hy wou weet of die minister statistiek oor plaasmoorde in die parliament bekend sal maak en daarop sal reageer.
In sy antwoord het minister Nhleko gesê plaasmoorde affekteer nie net die families van slagoffers nie, maar die gemeenskap as geheel. Dit het ‘n negatiewe impak op die ekonomie en voedselsekuriteit. “Hierdie tipe misdaad is hoog op die agenda van misdaadbekamping strategieë in die Suid-Afrikaanse polisie," het hy gesê.
Tydens sy toespraak het Nhleko aangedui dat daar in Suid-Afrika 1137 polisie stasies is wat as landelik geklassifiseer kan word. “Ons is besig met die implementering van ‘n landelike veiligheids strategie deur die oprigting van landelike veiligheid prioriteit komitees bestaande uit georganiseerde landbou, landbou unies, plaaswerker unies en verskeie regerings department. Ons beoog ook om tradisionele leiers in verskeie gebiede by die komitees te betrek.
Dr. Groenewald het in reaksie hierop gesê: “Die minister se reaksie is ’n stap in die regte rigting en ’n bewys dat plaasaanvalle en -moorde ’n realiteit is wat duisende mense se lewens raak en ’n impak op die land het.”
Die burgerregte-organisasie AfriForum verwelkom ook die minister se vermelding in parlement dat plaasmoorde prioriteit moet geniet. Hulle het in ‘n verklaring die week gesê AfriForum het op 26 Junie hierdie jaar 'n petisielys met 60 000 name by minister Nhleko se kantoor ingedien saam met 'n verslag met gevallestudies wat die wreedheid van plaasmoorde uitbeeld.
Die ministerie het aan AfriForum die onderneming gegee dat hulle die verslag sal bestudeer en dat 'n opvolgvergadering met die minister geskeduleer kan word. “AfriForum glo in konstruktiewe oplossings. Die enigste volhoubare oplossing is samewerking tussen die burgerlike samelewing en die polisie. Ons meer as 130 plaaslike takke regoor die land is reeds met veiligheidsinisiatiewe besig. Ons doen dit in samewerking met die polisie, en wil saam 'n oplossing vind vir die beskerming van ons land se voedselprodusente en hul werkers,” het Ernst Roets, AfriForum se adjunk uitvoerende hoof gesê.
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het vroeër vandeesmaand, na aanleiding van 'n formele versoek deur AfriForum, bevestig dat hulle 'n openbare verhoor oor plaasmoorde in Suid-Afrika sal hou.
0 Comments