-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Vier mans is verlede Donderdagaand op die Groblersbrug grenspos in hegtenis geneem, toe dit aan die lig kom dat hulle ‘n Ietermagog oor die grens wou smokkel. Die sku skub-bedekte diertjies is uiters skaars en bedreig.
Die Ietermagog is ongelukkig ook gewild op die swartmark vir muti-doeleindes.
Natuurbewaring het die erg gedehidreerde diertjie gekonfiskeer en die DBV in Lephalale en Reptile Rescue gekontak. Volgens Reptile Rescue se Marius Koekemoer was die Ietermagog, wat vermoedelik in die Lephalale omgewing gestroop is, in ‘n sak toegemaak met ‘n appel en ‘n stuk kool. “Hulle eet insekte, veral miere en ons weet nie hoe lank hy sonder kos was nie,” vertel hy.
Volgens Mariaan Wentzel van die Lepha
lale DBV is die Ietermagog na ‘n rehabilitasie sentrum in Johannesburg geneem waar hy baie goed aansterk. Sy waarsku inwo-ners dat die besit van bedreigde spesies onwettig is. “Ons vra die publiek om ons in te lig oor die onwettige aanhouding van diere soos skilpaaie en likkewane in ons gebied. Hierdie diere hoort in die natuur.”
0 Comments