<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Groenewald en trawante pleit onskuldig

 
News : 31 Jul 2014 84 Viewed By Jasper Raats 0

Martinus Groenewald, wat saam met drie ander mans daarvan beskuldig word dat hulle vragte beeste in Limpopo en Noordwes gesteel het, het verlede Vrydag saam met sy mede-beskuldigdes in die Mokopane Landdroshof onskuldig gepleit op alle aanklagte teen hulle.
Groenewald, Charles Hendrik Marais, Solane Taitus Chauke en Andries Chauke staar elk tien klagte van veediefstal in die gesig vir die steel van beeste en bokke ter waarde van R2,7 miljoen, sê Adjudant Offisier Hardus Els, die ondersoekbeampte van die Modimolle veediefstal eenheid wat Groenewald in September verlede jaar in hegtenis geneem het. Daar is ook ‘n klag van roof wat verband hou met ‘n voorval waar ‘n veewagter vasgebind is en sy selfoon en 38 beeste gesteel is.
Groenewald wat op ‘n kleinhoewe aan die Ooste van Gauteng gewoon het, het homself op 2 September verlede jaar aan die polisie oorgegee nadat beeldmateriaal van ‘n vragmotor wat hy gehuur het in die media verskyn het. Die vragmotor vol gesteelde beeste is op kringtelevisie kameras by die Kranskop tolhek naby Modimolle vasgevang. Marais, wat eerste in hegtenis geneem is, het glo aanvanklik skuld erken en bewyse en tonele aan die polisie uitgewys, maar het Vrydag ook onskuldig gepleit.
Al vier is steeds in aanhouding nadat Groenewald verlede maand onsuksesvol was in sy appel teen Landdros Shirley Tloane se besluit in September 2013 om nie borg toe te staan nie.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube