<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Brand verwoes huis

 
News : 31 Jul 2014 89 Viewed By Valerie Cilliers 0

Sowat R800 000 se skade is verlede Vrydagmiddag aan ‘n huis in Onverwacht aangerig toe ‘n elektriese kortsluiting moontlik daartoe gelei het dat die huis afgebrand het. Die familie is dakloos gelaat aangesien hulle glo nie huiseinaarsversekering het nie.
Die eienaar, Kallie Heyneke, was omstreeks 17:00 in die huis besig, toe hy skielik rook ruik. Binne minute het vlamme glo uit die dak gekom.
Heyneke het hulp ontbied en lede van die gemeen-skap en die plaaslike brandweer het gehelp om die brand te blus.
Die Lephalale tak van Helpende Hand, of te wel die Helpende Hand Kupcakes, was  Saterdag op die toneel om te kyk hoe hulle die familie kan bystaan.
Murray & Roberts het tydelike verblyf vir Heyneke, sy dogter, Louise, en sy kleinkinders (‘n seun van agt en ‘n dogter van 16) verskaf. Die kinders se kamer is in die brand verwoes en daarmee saam al hulle klere en skoolboeke. Hul onderskeie skole het vinnig ingespring en skoolklere en nuwe boeke geskenk.
Skenkings van chemikalie om die mure skoon te maak is ook gemaak en daar word gesoek na kontrakteurs wat sal help met die restourasie van die huis. Die meeste van die plafonne in die huis moet vervang word. Klere vir die kinders word ook dringend benodig. Om by die projek betrokke te raak skakel Charmain Robbertse by 076 714 5167.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube