<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Nuwe gesig is ou bekende

 
News : 07 Aug 2014 78 Viewed 0

Martie Pretorius het geen bekendstelling nodig in Mokopane nie. Sy dien al vir die afgelope ses jaar die plaaslike gemeenskap as joernalis en is ’n bekende gesig by amper elke funksie en gebeurtenis in die dorp. Vanaf Augustus sluit sy by Noordelike Nuus aan as senior verslaggewer.
Martie is oorspronklik van Rustenburg en het in 2008 na Mokopane getrek. Sy het onder gesoute koerantman, Melt van der Spuy, se wakende oog opleiding ontvang as joernalis by die ou Bosvelder-koerant waar sy vinnig haarself in die gemeenskap ingegrawe het.
Sy is ook ’n bedrewe fotograaf en bedryf haar fotografie besigheid, Memory Lane Photography, in haar vrye tyd.
“Ek is werklik lief vir die Mokopane gemeenskap en dit is vir my ’n passie om mense se stories te vertel,” sê sy.
Gedurende die afgelope ses jaar het sy haar tande geslyp en is vandag ’n ervare  gemeenskapsjoernalis. Ons sien uit na baie stories uit haar pen en hoop dat die gemeenskap sal aanhou om haar en ook die Noordelike Nuus, te ondersteun.
Martie is verloof aan Nicky Le Grange en het twee seuns Marco (17) en  SP (16), beide leerders aan Hoërskool Piet Potgieter.
Epos haar by martie@noodnuus.co.za of skakel haar by 015 491 3082.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube