-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
‘n Bejaarde man is Maandagoggend dood op ‘n plaas net buite Lephalale aangetref. Koos Jonker (79), ‘n loseerder op die plaas Leah op die Graaf Reinette pad, is vermoedelik Saterdagaand of vroeg Sondagoggend deur vyf mans in sy woonstel oorrompel en vermoor.
Sy liggaam is eers Maandagoggend deur die eienaar van die plaas, Ludwig Pauer, ontdek. Volgens die Lephalale polisie is Jonker met veelvoudige kopwonde aangetref en was sy hande agter sy rug vasgebind.
Die kluis in die woonstel was oopgebreek, maar Jonker het geen wapens besit nie. ‘n Skootrekenaar en ‘n kamera is uit Pauer se huis gesteel. Die verdagtes het in Jonker se ou groen Jeep gevlug en is volgens die polisie Maandag in Seleka opgemerk.
Die saak word deur die georganiseerde misdaad-eenheid van Polokwane ondersoek.
Teen druktyd kon die Lephalale polisie bevestig dat ‘n persoon wat moontlik inligting rakende die saak kan verskaf ondervra word. Die voertuig is ook teruggevind, maar niemand is nog in verband met die voorval gearresteer nie.
0 Comments