-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Twee renosters is verlede week op ‘n plaas in die Stockpoort-omgewing gestroop.
Die Lephalale polisie berig dat verdagte spore Woensdagoggend op ‘n plaas in die omgewing opgemerk is. ‘n Privaat helikopter is gebruik om die plaas te verken en ‘n sak met ‘n byl, mes, kapmes en ammunisie is Donderdagoggend op die plaas gevind.
‘n Grusame fonds is Vrydag gemaak toe spoorsnyers op die karkasse van die twee renosterkoeie afgekom het. Albei is geskiet en horings is afgekap.
Die polisie se provinsiale georganiseerde misdaad eenheid het die ondersoek gelei en Maandagaand is vyf mans in Vaalwater gearresteer. Hulle voertuig is ook vermoedelik in die Stockpoort omgewing opgemerk en ‘n ballistiese ondersoek sal kan wys of die verdagtes met die Stockpoort stropery verbind kan word.
‘n .375 jaggeweer en ‘n knaldemper is in hul besit gevind.
0 Comments