<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Piet Pot op sy knieë

 
News : 22 Aug 2014 258 Viewed By Martie Le Grange 0

Die gebedsrimpeling wat in Julie verlede jaar deur Hoërskool Piet Potgieter se skoolhoof, Jas Hansen, van stapel gestuur is, het vanjaar homself herhaal en dié keer in die vorm van Jesus se naam.
Hansen se inisiatief het posgevat na hy een dag tydens die vakansie langs ‘n dam gesit en na die water gekyk het. Die rimpel effek wat die water gemaak het toe hy ‘n klippie daarin gooi het Hansen herinner dat gebed dieselfde effek het. Vandaar het dié skoolhoof besluit om die hele skool een maal per jaar op sy knieë op die rugbyveld te bring om deel te wees van ‘n massagebed.
Die verskillende grade het elkeen in ‘n afsonderlike letter wat “Jesus” uitspel, gestaan en ‘n besonderse prentjie is veral vanuit die lug vertoon.
Die gebed wat aan elke leerling op ‘n wit gebedskaartjie voorsien is lui:
Hemelse Vader, U is vér bo alles. Ek eer U heilige naam. Laat U heerskappy hier op aarde tot volle uitvoering kom. Laat U wil gebeur soos in die hemel. Dankie vir U liefdevolle sorg. U ken al my behoeftes en ek vertrou dat U ook vandag vir my sal sorg.
Vader, ek vergewe my skuldenaars en seen hulle met U genade. Vergewe ook my sondeskuld. Lei my weg van enige versoeking en bewaar my van die duiwel se aanvalle. Aan U behoort alle heerskappy, krag en mag – vir altyd. Amen.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube