-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Remax Lephalale het onlangs deel geword van die nasionale RE/MAX Foundation, ‘n instansie wat nie-winsgewende organisasie help. Die plaaslike Diere Beskermings Vereeniging (DBV), SAVF Maroela-oord en ‘n kinderhuis in die Lephalale omgewing is genomineer as hul begunstigdes.
Volgens Lindy Groenewald van Remax is dit gewoonlik die DBV wat oorgesien word as dit kom by donasies en bystand, daarom het die Remax span Maandag besluit om die plaaslike DBV te besoek.
Remax Lephalale het al bekendheid verwerf vir die liefdadigheidswerk wat hulle in Lephalale doen. “Hierdie kantoor het ‘n gees van gee en so is dit vir ons tweede natuur om te help waar nodig," sê Lindy.
By die SAVF Maroela-oord het Remax hande gevat met kontrakteurs en word daar daagliks kospakkies vir die bejaardes afgelewer.
Die span beoog ook om Kersgeskenke vir die kinders in die kinderhuis in te samel.
Remax daag alle besighede en lede van die gemeenskap uit om betrokke te raak en al kan hul nie finansieel bydra nie, is daar baie ander maniere waarop die publiek byvoorbeeld die DBV kan help. Kontak vir Mariaan Wentzel by die DBV op 076 636 6946 vir inligting.
0 Comments