<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Uitdagings lê voor vir WGV

 
News : 28 Aug 2014 93 Viewed By Valerie Cilliers 0

Met die vloede wat in Maart groot skade in die Lephalale omgewing aangerig het, het die Lephalale Watergebruikersvereniging (WGV) verskeie uitdagings om te oorbrug.
Een daarvan is die balanseerwalle wat tydens die vloede erg beskadig is. By die WGV se jaarvergadering verlewe week het voorsitter, Francois van den Berg, gesê dat die walle wel verseker is, maar dat die versekeraar weier om uit te betaal. Die saak sal na die Ombudsman verwys word. Intussen moet ‘n plan beraam word om die walle te herstel om watersekerheid in die toekoms te verseker.
Tydens die vergadering het sommige van die waterreg eienaars hulle ongelukkigheid uitgespreek oor die prosesse wat gevolg is om kwotasies vir die opstel van ingenieursplan in te win. Die departement van waterwese vereis dat ‘n ingenieur aangestel word om planne op te trek vir die nuwe damme. Hierdie koste sal deur boere self gedek moet word. Van die eienaars wou weet waarom hulle nie self die damme kan herstel nie.
Hulle is deur die departement meegedeel dat die regte prosesse gevolg moet word aangesien sommige damme onwettig gebou en herstel is. Indien die walle onwettig gebou word, sal die afgebreek moet word.
Wat die WGV se finansies aanbetref het dit 'n skoon oudit ontvang. 
Van den Berg het ook by die vergadering ‘n vriendelike waarskuwing aan waterreg eienaars gerig om nie die wet te oortree, hetsy by wyse van onregmatige besproeiing, nie betaling van rekening, riool stortings of sandmynery nie.
Hy sê die departement het aangedui dat hulle beslis sal optree. Hy herinner lede dat alle aansoeke soos byvoorbeeld aansoeke vir mynaktiwiteite en oorplasing van waterregte via die kantoor van die WGV gedoen moet word. Indien ander roetes eers gevolg word sal aansoeke vertraag word omdat dit net weer na die WGV kantoor gestuur sal word.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube