<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Inwoner met mes gesteek

 
News : 28 Aug 2014 300 Viewed By Mariska Ehlers 0

‘n Inwoner van Onverwacht is Woensdagoggend net na 02:00 deur ‘n inbreker met ‘n mes in sy huis in Groen-kloofsingel gesteek.
Coetzee Badenhorst (25), het Woensdag vanuit sy hospitaalbed in die Lephalale MediClinic vertel dat hy en lede van sy gesin net na 01:00 wakker geword het met die reuk van pap wat brand. Die gesin het die vorige aand pap en wors geëet en die pot was nog op die stoof. Daar word vermoed dat die inbreker die plaat aangeskakel het, die motief hiervoor is egter onbekend.
Hoewel dit vir hulle vreemd was, het hulle die plaat afgeskakel en die pot buite gaan neersit. Hy sê syy ma het die deur gesluit en hulle het niksvermoedend weer gaan slaap.
‘n Uur later het Coetzee wakker geword en gesien dat die deur oop staan, hy het gedink dat sy broer, Eben, buite op die stoep rook. Toe hy die deur wou toe-maak het ‘n onbekende man met ‘n hoed verby hom gehardloop en hy het na die man gegryp, dié het omgedraai en hom met ‘n mes in die linkersy gesteek. Coetzee het sy familie wakker gemaak en hulle het met hom hospitaal toe gejaag. Daar het personeel van die MediClinic die polisie ontbied.
Volgens die dokter is die snywond wat hy opgedoen het redelik diep en so 7cm lank.
Dit het later duidelik geword dat die verdagte die deur met ‘n skroewedraaier oopgedwing en drie selfone gesteel het.
Die polisie het Woensdagoggend die familie se verklarings afgeneem en die saak word tans ondersoek.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube