<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Moordverhoor vir tiener

 
News : 28 Aug 2014 482 Viewed By Martie Le Grange 0

Die minderjarige seun (16) wat daarvan verdink word dat hy die Kiesling-egpaar in hulle plaashuis, Meredal, naby die Botswana grens in Maart vanjaar vermoor het sal op 12 September deur die streeklanddros, N.G Pretorius in die Mokopane Streekhof verhoor word.
Will (69) en Anje (66) se erg ontbinde liggame is ‘n paar dae na hulle dood gevind. Hulle familie kon nie met hulle telefonies in verbinding tree nie en het aangeneem daar is fout met die sein. Daar is eers onraad vermoed na dae se onsuksesvolle pogings.
Die seun wie se naam nie bekend gemaak mag word nie omdat hy minderjarig is, is sedert sy inhegtenisname in Polokwane by ‘n plek van veiligheid aangehou. Hy het by die Kieslings gekuier voor hulle dood en is later in Mosselbaai deur die polisie in hegtenis
geneem.

 

 

 
 

Anje Kiesling.
Will Kiesling.
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube