-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Noordelike Nuus groet met ’n swaar hart een van sy staatmakers hierdie week. Valerie Cilliers het in 2010 as senior verslaggewer by die Bosveld Bulletin, wat later Noordelike Nuus uitgekoop het, aangesluit. Met haar oop, vriendelike glimlag en omgee het sy diep in baie harte gekruip en baie van Lephalale se stories vertel.
Valerie begin egter met ’n nuwe era in haar loopbaan en sluit vanaf 1 September as skakelbeampte by die Lephalale Munisipaliteit aan.
Arno en Valerie Cilliers het van Durban na Le-phalale getrek vier jaar gelede toe nuwe geleenthede vir Arno, wat as argitek werk, deure oopgemaak het. Valerie wat kommunikasie studeer het, het as joernalistieke dosent gewerk by Varsity College en het onmiddellik vryskut begin werk vir Bosveld Bulletin.
Hulle geniet die Bosveld en woon met hul vier kinders Ammi (12), Johan (10), Sarel (9) en Jana (4) op ’n plaas buite Lephalale.
Noordelike Nuus bedank Valerie vir haar harde werk oor die jare en wens haar alle voorspoed toe in haar nuwe pos in die kommunikasie afdeling van die plaaslike munisipaliteit. - Helena Raats
0 Comments