-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Tafelronde Kameeldoring 92 wat in beheer was van die biertuin by vanjaar se Kierieklapper Kunstefees (KKKF) het daarin geslaag om ‘n rekord bedrag van R120 000 aan die Potgietersrus Dienssentrum vir
Bejaardes te oorhandig.
Die Tafelronde se opbrengs vanuit die biertuin was R100 000 en ‘n addisionele R20 000 borg van SAB het ‘n totale bedrag van R120 000 aan die dienssentrum besorg. Die organisasie skryf hulle sukses toe aan die groei in fees ondersteuners en sê ‘n groter biertent het voorsiening gemaak vir dié toename.
Die Tafelronde se huidige voorsitter, Nicolaas le Roux, het ‘n besondere dank aan al die borge en elke tafelaar en hulle vrouens uitgespreek vir hulle harde werk by die KKKF.
In die foto hierbo is Nicolaas le Roux (links voor), saam met mede-tafelaars tydens die oorhandiging van die tjek aan die KKKF se voorsitter, Johan Kirchner, as amptelike verteenwoordiger van die Potgietersrus Dienssentrum vir Bejaardes. - Martie Pretorius
0 Comments