-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Gawie het op vele provinsiale veiligheid vergaderings boere in die Lephalale omgewing verteenwoordig om seker te maak dat boere se veiligheid hoog op die agenda geplaas word.
Verskeie plaaspaaie in die omgewing is besig om herstel te word te danke aan Gawie wat ure in vergaderings spandeer het.
Hy het selfs hooggeplaastes in die paaie-departement op ‘n toer vergesel om aan hulle die slegte toestand van paaie uit te wys.
By verlede week se landelikeveiligheid vergadering is daar met hartseer afskeid geneem van Gawie wat die forum so getrou gedien het.
Gawie gaan by Kokanje in Modimolle aftree. 'n Welverdiende rus en seën word hom toegewens.
0 Comments