<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Brandgevare is ’n realiteit

 
News : 05 Sep 2014 149 Viewed 0

Met verskeie brande wat die afgelope twee weke in die Lephalale-omgewing gewoed het, is dit duidelik dat die brandseisoen hier is.  
By verlede week se Landelike veiligheid vergade-ring het die oorsitter van die brandbestryding vereniging (FPA), Pieter du Plessis, boere gemaan om by die FPA aan te sluit om seker te maak dat hulle ge-reed is vir onvoorsiene brande op hul plase.  
Hierdie vereniging is onlangs herstruktureer en boere word gevra om weer aansoek te doen om lidmaatskap. Vorms kan verkry word van Landelike veiligheid wykvoorsitters. Dit is van uiterste belang dat die eienaar of huurder van die plaas registreer by die vereniging en dat die plaasbestuurder homself vergewis van die reëls en regulasies verbonde aan die FPA. Vir inligting kan navrae gestuur word na: fpa.lep@gmail.com.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube