-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
“Ons probeer tevergeefs om ons natuur en omgewing te bewaar.”
Só het die Demokratiese Alliansie (DA) raadslid, Marcelle Maritz onlangs moedeloos aan Noordelike Nuus gesê terwyl werkers besig was om ‘n beskermde boomspesie in die dorp af te saag.
Beyers Smit senior het dié slopery aan Maritz raporteer. Smit woon langs die erf waar ‘n groot Maroelaboom onder die slopery begin deurloop het. Hy het later aan Maritz gesê dat hy op ‘n vorige geleentheid die eienaar meegedeel het dat die boom nie afgesaag mag word nie en dat hy ‘n boete opgelê kan word of selfs tronkstraf kan uitdien.
‘n Munisipale verteenwoordiger wat vir die omgewing verantwoordelik is het ook met die werkers gepraat en hulle gemaan om die slopery te staak. Die boom is egter verder gesloop en die polisie is ontbied om daadwerklik teen die eienaar van die erf op te tree.
Maritz het die erns van sy oortreding aan die eienaar verduidelik en die polisie het hom gewaarsku. Geen klag is teen hom gelê nie aangesien hy onderneem het om nie voort te gaan met die daad nie.
0 Comments