-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Groot skade is Vrydagaand aangerig toe ‘n Corsa bakkie en ‘n sekuriteitsfirma se bakkie op die hoek van Hoogestraat en Van Riebeeckweg in ‘n ernstige botsing betrokke was.
GSLGuarding Services se bakkie het deur die heining van Liquor City gebars waar hy op ‘n kragtoevoerkas tot stilstand gekom het. Insittendes wat agter in die bakkie vasgekeer was is later met behulp van gereedskap bevry. Die beseerdes is in ‘n ambulans na die hospitaal vervoer.
‘n Volkswagen Amarok wat by die drankwinkel geparkeer was het ook deurgeloop toe die yster tralies van die heining op die voorkant van dié bakkie geval het.
Die Oaks Pub & Grill se kragtoevoer is deur die ongeluk geaffekteer en hulle moes gevolglik van ‘n kragopwekker gebruik maak.
Die oorsaak van die ongeluk is egter onduidelik.
0 Comments