<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Misdaad neem toe op plase buite Lephalale

 
News : 08 Sep 2014 253 Viewed 0

Met die Buurtwag wat in Onverwacht, Ellisras en Marapong gevestig word, is boere by die onlangse landelike veiligheid vergadering gemaan om by die landelike veiligheidsforum aan te sluit. Plase rondom Lephalale is in wyke ingedeel en sorteer tans onder Sektor 4 van die Gemeenskapspolisiëringforum (GPF).
Wyksvoorsitters is dit eens dat misdaad die afgelope paar weke op plase toegeneem het. Voorsitter van die GPF, Thys Eloff het gesê dat misdaad wat in een sektor gekeer word, net oorbeweeg na ‘n volgende sektor. Daarom is dit belangrik dat die hele dorp en ook die plase gepatrolleer word. Hy het ook by die vergadering genoem dat daar vroeër vanjaar gemiddeld 12 inbrake op ‘n aand in Onverwacht was. Die nuutste statistiek wys dat daar sedert die buurtwag inwerking
getree het, aansienlik minder voorvalle is.
Boere sal in wyksverband plase kan patrolleer met GPF sector 4 identifikasie magnete op hul voertuie. Kontak Thys Eloff by 082 588 8305 vir inligting.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube