<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Geliefde inwoner sterf

 
News : 11 Sep 2014 239 Viewed By Adele Essakow 0

Ansie Essakow, bekend as die 'DBV tannie', is vroeër die week op die ouderdom van 76 oorlede na ‘n beroerte. Sy het vir 24-jaar lank by die DBV gewerk, sy het op 22 Desember afgetree.
Sy was bekend as ‘n diereliefhebber en het lid geword van die DBV in 1980. Sy het in 1984 daar begin werk en dit deeltyds gedoen. Sy het in 1986 haar inspekteurskursus in Johannesburg voltooi. In 1997 het sy haar gewig voltyds by die DBV ingegooi.  
Sy het met die hulp van skenkings van individue, sakeondernemings, organisasies, myne en die Lotto, nuwe hokke opgerig, kathokke verbeter en vergroot en ’n kantoorkompleks laat bou.
Sy het self nuwe donkieharnasse gemaak wat nie die donkies seer maak nie, en dit aan sowat 2000 donkie eienaars gegee. Sy het ook donkie eienaars spesiale opleiding gegee.
Sy het gereeld skole besoek en so die leerders geleer oor diere-mishandeling. Sy het altyd gesê dat die DBV haar hart se punt sal bly al is sy nie meer betrokke by die DBV nie.
Ansie Essakow was getroud met Leon van Veenhuysen. Sy laat haar man en twee dogters en 'n kleindogter agter.
Die begrafnis vind plaas op Vrydag 11:00 by die NG Moedergemeente. Stuur asseblief donasies aan die DBV in plaas van blomme. - Adele Essakow

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube