-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Lephalale inwoner, Willie Kotze, is dood toe die bakkie wat hy bestuur het verlede Saterdagaand op die nuwe Vaalwaterpad gerol het. Hy vermoedelik vir ’n dier uitgeswaai en beheer oor die voertuig verloor.
Willie het sy vriende gaan aflaai in Vaalwater en die ongeluk het gebeur net voor 00:00 toe hy op pad terug was na Lephalale. Hy is na die Ellisras Distrikshospitaal geneem deur Ambulansdienste, waarna hy vroeg Sondagoggend dood verklaar is.
Willie se vriendin, Susan Knoetze, sê dat sy vriendelike diens ontvang het van al die betrokke instansies en sy bedank graag Medupi se noodeenheid, ER24, JD Towing en ook die ‘goeie samaritaan’ met die naam Ryno, wat haar van geen kant af geken het nie, maar haar gehelp het om by die ongelukstoneel uit te kom, nadat Susan se voertuig op pad soontoe onklaar geraak het.
JD Towing het haar op die ongelukstoneel help soek na die twee boerboel hondjies wat saam Willie in die bakkie was. Die hondjies is gevind, deur JD Towing opgepas en Sondag terugversorg aan Susan. Susan is dankbaar vir die familie se ondersteuning en veral haar skoonsuster, Carla Janse van Rensburg, en haar suster, Jenny Bosch, asook Willie se tannie Joey vir al hulle bystand en ondersteuning.
“Willie, jou plek is leeg en jy word gemis. Jy was ‘n mens met ‘n goeie hart. Ons is lief vir jou.”
Die begrafnis vind plaas vanuit die AP Kerk in Modimolle op Saterdag 13 September om 10:00.
0 Comments