<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Boerefees 2014 by veilingkrale

 
News : 22 Sep 2014 101 Viewed By Helena Raats 0

Verlede jaar het die Ellisras Distriks Landbou-unie, in samewerking met die Afrikaanse Protestante Kerk en Hardekool Akademie, besluit om ’n spesiale fondsinsamelingsprojek te loods.
“Ons wou nie net geld insamel nie, maar ook ’n naweek aanbied wat inwoners lank sou bybly. So het die Boerefees verlede jaar ontstaan by die Ellisras veilingskrale en dit was so ‘n groot sukses dat hulle besluit het om dit nog beter te maak vir 2014. Hierdie jaar sal daar weer heerlike kosstalletjies, ‘n onderdak biertuin en ander interessante gebeure aangebied word.
Die seremoniemeester is die geliefde PJ Cruz en Joe F gaan kom sing. ‘n Braaivleis kompetisie gaan een van die hoogtepunte wees, met braaiers wat hoofgereg en nagereg oor die kole moet voorberei.
Daar gaan ook ’n 4x4-hindernisbaan wees met niks minder as 10 hindernisse nie. ’n Spesiale roete vir vierwiel- (en gewone tweewiel) motorfietse is ook uitgewerk. Hulle spring weg by die veilingskrale, oor die Mogolrivierbrug, uit op die Beska-pad tot op ‘n plaas met ’n modderpoel wat wag.
Vir die kinders gaan daar gesigverf, kulkunsies, ‘n poppekas, springkastele, dans en selfs ’n inkleur-kompetisie wees op die dag.
Vir meer inligting, sien die spesiale bylaag in hierdie week se Noordelike Nuus. 

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube