-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Volgens Thys Eloff, voorsitter van die Lephalale Gemeenskappolisiëringsforum het die GPF vining gegroei en is die instansie tans baie sterk. Die GPF sorteer direk onder die Polisiewet en daarom manier kan hul meer gedoen kry. Deur saam met die Polisie te werk en ook insae te hê oor die Polisie se daaglikse werking.
‘n Inisiatief soos die buurtwag rapporteer direk aan die GPF en so ontvang hulle groter erkenning en ondersteuning. Om ‘n lid van die buurtwag te word is gratis en so ook om aan te sluit by die GPF.
“Die plaaslike buurtwag en die GPF werk ten nouste saam,” sê Eloff.
In Lephalale is daar verskeie elemente wat die dorp 'n teiken maak vir misdaad, soos onwettige immigrante wat nie werk kry nie en dan moet steel of dwelms verkoop vir oorlewing.
Hy voel dat Lephalale polisie stasie bevelvoerders word geruil nog voordat hy/sy die area goed genoeg leer ken het, so die lede in beheer kan nie altyd doen wat van hulle verwag word nie; en dit is wat die gemeenskap op die einde van die dag laat sê dat ‘die polisie nie hul deel doen nie’.
Eloff sê “dat daar ‘n paar uitblinkers is en definitief nog goeie polisie manne en vroue in die area is.”
Volgens Eloff gaan hulle binnekort, sodra daar fondse beskikbaar is, ‘n sekretaresse aanstel en 'n beheerkamer oprig. In die stadium is die profiel op die sosiale netwerk ‘Facebook’ ook nie aktief nie, want daar is niemand om dit te beman nie.
“Tans is die dorp, omgewing en hele gemeenskap keelvol vir misdaad oor die algemeen en daarom kry ons goeie reaksie. Ons moet dit reg benut en die momentum behou. Daar is baie mense wat baie goeie werk doen en sonder almal se betrokkenheid kan dit nie gedoen word nie,” sê Eloff.
0 Comments