<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Mokopane winkelbestuurder doodgeskiet in roof

 

Furnmart op die hoek van Nelson Mandelarylaan en Bezuidenhoutstraat wat Woensdagoggend onder gewapende rowers deurgeloop het waar die winkelbestuurder ook koelbloedig doodgeskiet is.

News : 06 Oct 2014 71 Viewed By Martie Le Grange 0

Die lewe van Benjamin Malatjie, die 37-jarige bestuurder van Furnmart in Mokopane het tragies geëindig toe ’n gewapende rower hom Woensdagoggend tydens ‘n gewapende rooftog in die bors geskiet het.
’n Traumatiese toneel het homself afgespeel by die meubelwinkel op die hoek van Nelson Mandelarylaan en Bezuidenhoutstraat na vier rowers van maksimum geweld gebruik gemaak het om die winkel se kontant te bekom.
Verkoopspersoneel en kassiere was erg getraumatiseerd en het huilend vanuit die winkel langsaan aan Noordelike Nuus vertel wat gebeur het. Hulle sê die voorval het baie vinnig gebeur. Die rowers het glo eers voorgegee hulle is kliënte voor hulle oorgegaan het tot aksie. Een van die rowers het aangedring op die kluis se sleutel waarop die kassier aan hom verduidelik het dat 'n private sekuriteitsmaatskappy die sleutel hou.
Die rower het toe ’n onbekende bedrag geld vanuit die kassier se toonbank gegryp. Daar is klaarblyklik ook van die kliënte wat in die winkel was ten tye van die roof, se besittings, onder andere selfone gebuit. Die personeel was tydens ondervraging onseker op watter tydstip hulle bestuurder koelbloedig doodgeskiet is.
Tydens druktyd is nog niemand in hegtenis geneem nie.  Die polisie is besig om die saak te ondersoek.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube