-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Die uitgebrande voertuig langs die Matimba pad in Lephalale waaroor Noordelike Nuus op 12 September berig het behoort aan Sarens en is deur die maatskappy se plaasbestuurder, Johan van Rensburg gebruik.
Noordelike Nuus het Van Rensburg opgespoor en uitgevind dat die dubbelkajuit Colt Rodeo op Sondag 7 September van Sarens se kleinhoewe op die Witkop pad gesteel is.
“Die bakkie het nie baie brandstof in gehad nie en [ons] vermoed dat die verdagtes sonder brandstof gaan staan het en toe die bakkie aan die brand gesteek het,” sê van Rensburg. Die Lephalale polisie ondersoek ‘n saak van motordiefstal.
0 Comments