<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Van toeka tot nou... Mokopane

 

Dieselfde klipgebou waar vandag ’n hotelskool bedryf word, het nie sedert sy bestaan verander nie. Voor is ’n monument wat opgerig is waar ’n ou Kameeldoringboom eers was en waar vele dorpsverrigtinge plaasgevind het.

 

News : 16 Oct 2014 481 Viewed By Martie Le Grange 0

Noordelike Nuus het in die dorp se argiewe gaan delf om meer te leer oor Mokopane se ontstaan en ontwikkeling. In ’n reeks artikels gaan ons aan lesers ’n kort oorsig gee oor die destydse Potgietersrus en sy geskiedenis wat oor ’n tydperk van 160 jaar ontvou.
Volgens die Eeufees Album van die Arend Dieperink Museum word daar na Potgietersrust verwys as die oudste dorp in die verre noorde. Dié dorp het tot nou reeds sy vierde naam. Hy was eerste bekend as Vredenburg en dié naam was ter waardering van en herdenking aan die vrede wat daar op 6 Maart 1852 tussen die Voortrekkerleiers, Kommandant. Generaal A.H Potgieter en Generaal A.W.J Pretorius teweeggebring is. Ses jaar later is dieselfde dorp as Pietpotgietersrust herdoop en in 1904 verander sy naam na ’n minder formele, Potgietersrus. Bykans ’n eeu later, in 2002, word die dorp se naam na Mokopane verander, vernoem na die leier van die Ndebele’s, Mgombane Kekana, wat in die area gewoon het.
Moorddrift, Mapela en Makapaansgat (Makapansgat) is sinoniem met Mokopane se geskiedenis en getuig van tragiese gebeurtenisse waar onskuldige bloed gevloei het. Noordelike Nuus sal in toekomstige uitgawes hieroor skryf .
Van die dorp se ou geboue het oor die jare verskeie male van huurders en eienaars verwissel. Die pragtige klipgebou op die hoek van Retiefstraat en Ruiterweg (destyds bekend as Hoofdstraat) was die dorp se eerste volwaardige gebou en die tuiste van die destydse Barclays Bank. Deesdae word daar ’n hotelskool bedryf.
Voor hierdie gebou is ook ’n monument opgerig waar ’n ou Kameeldoringboom sy takke oor die sypaadjie uitgestrek het. Die koper gedenkplaat is egter gesteel het ’n woordvoerder van die Arend Diepering Museum gesê. Hiér, soos in die eeufees album, het kerkgangers uit die dorp en distrik vergader in die welkom skadu van die ou boom. Mettertyd het die plaaslike posmeester onder hierdie boom briewe uitgedeel aan mense wat myle afgelê het met die ossewa of kar om hul pos te kom haal.

 

 

 

 
 

Potgietersrust se eerste gebou in 1904 op die hoek van Retief en Ruiterweg (destyds bekend as Hoofdstraat) was die dorp se Barclays Bank.

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube