<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Goeie ondersteuning vir Rooi Oktober

 
News : 16 Oct 2014 19 Viewed By Mariska Ehlers 0


Sowat 40 voertuie het verlede Vrydag oorkant die begraafplaas in Onverwacht bymekaargekom om aan die jaarlikse optog teen plaasmoorde deel te neem.
Die voertuie het in gelid gery na die veilingskrale op die Marken pad waar ‘n kort toespraak gelewer is deur Henk van de Graaf, assistent hoofbestuurder van TLU-SA.
Van de Graaf het gesê dat boere paraat moet wees en dat hulle nie moet wag tot die verdagtes in hulle huise is nie, “die verdagtes moet buite julle hekke al gestop word!”
Hy het ook statistieke met die boere gedeel en duidelikheid gegee oor hoe ernstig die plaasmoord-kwessie in SA is. Verskeie boere wat al slagoffers was het hulle ervarings gedeel. Rooi ballonne is in die lug opgelaat om die onskuldige bloed wat in Suid-Afrika vloei te simboliseer.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube