<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Minister gee boere kans om te praat

 
News : 16 Oct 2014 50 Viewed By Mariska Ehlers 0

Minister Collin Chabane van die departement van dienslewering en administra-sie het tydens sy besoek aan Lephalale verlede Vrydag saam met boere van die omgewing om ‘n tafel gesit en ge praat oor die kwessies waarmee hulle worstel.
Chabane was op ‘n ongeskeduleerde besoek aan Lepahalae toe hy hoor dat boere bymekaargekom het vir die Rooi Oktober optog. Hy het dadelik ‘n kort vergadering aangevra.
Die assistent hoofbestuurder van TLU-SA, Henk van de Graaf, het die minister gevra om beter kommunikasie kanale tussen landbou-unies en die ministeries van polisie en landbou te help bewerkstellig. Minister Chabane het beloof om teen Maandag reeds ‘n vergadering met die onderskeie ministers te reël en ook so gou as moontlik terugvoer te gee aan die betrokke boere.
Van de Graaf het Dinsdag bevestig dat hy Maandagaand reeds deur beide departemente gekontak is.
Die minister het aanbeveel dat ‘n forum gestig word om te verseker dat plaaslike boere op ‘n gereelde basis met die burgemeester kan vergader, die boere was dankbaar dat die burgemeester en die minister bereid was om met hulle te vergader.

 

 

 
 

Department van dienslewering en administrasie Minister  Collin Chabane en Lephalale burgemeester Jack Maeko.

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube