-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
‘n Twintig-maande-oue seuntjie, Martin Roodt van Mokopane, is besig om in die George Mukari Hospitaal in Ga-Rankuwa aan te sterk na hy ‘n motorongeluk oorleef het waarin sy ouers en vyf-jarige sussie Saterdagmiddag dood is.
Frik en Thea Roodt is op slag dood toe die motor waarin hulle op die N1 buite Hammanskraal gereis het in ‘n kop-aan-kop
botsing met ’n ander motor betrokke was. Hulle was in hul dertigs. Inamarie is in die hospitaal in Hammanskraal oorlede. Volgens ’n familielid was die gesin op pad na ’n bruilof in Pretoria.
Die bestuurder van die ander motor is blykbaar in ’n kritieke toestand in die hospitaal.
Martin en Inamarie het by Speelparadys Kleuterskool in Mokopane dagsorg ontvang.
Gawie Brits, ‘n swaer van die oorledenes, het aan Noordelike Nuus gesê die begrafnisreëlings sal gefinaliseer word na Martin se ontslag. Martin sal na verwagting in sy grootouers se sorg geplaas word, het Brits gesê.
Noordelike Nuus se innige meegevoel met die Roodt-gesin se familie en vriende.
0 Comments