<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Promosie: Kies ‘n dinamiese span vir ’n perfekte kombuis

 
News : 24 Oct 2014 137 Viewed By Martie Le Grange 0

Enige vrou se droom is om ’n stylvolle ontwerpers kombuis te hê, sonder die beslommernis om daardie droom te bewaarheid.
Dynamic Kitchens is ’n ervare kombuis vervaardiger wat onlangs die vaandels by Rudi Kruger Kombuise in Mokopane oorgeneem het. Hulle spesialiseer in ingeboude kaste in die kombuis, slaapkamer, studeerkamer, kroeg en meer.  
Die onderneming se eienaars, André Vorster en Louis van der Merwe is nie nuut in dié bedryf nie. Met 16 jaar se ondervinding is hulle gewildheid, bevestiging van hul
kwaliteit vakmanskap en kliëntetevredenheid.
Vorster besit ook ’n Dynamic Kitchens-tak in Khatu wat reeds sewe jaar bestaan. Hy het twee jaar gelede na ’n wildsplaas naby Mokopane verhuis en die geleentheid om ’n plaaslike tak te open het onlangs aan sy deur kom klop. Nou bedryf Vorster beide takke en reis gereeld tussen die twee om te verseker sy besigheid verloop glad.
“Die moontlikheid van ’n Lephalale tak word sterk oorweeg,” het Vorster gesê.
Dynamic Kitchens is bekend vir klein sowel as groot projekte en maak gebruik van gevorderde rekenaar programmatuur wat ontwerpe aan klante deur middel van ’n 3D-tekening voorstel. Vorster verseker sy onderneming het goed opgeleide personeel wat bekwaam is om ’n uitstekende diens op alle vlakke te lewer.
Die onderneming spesialiseer ook in “cut and edge” tegnologie waar ’n ekstra diens gelewer word deur hout borde/planke te laat sny in ’n verlangde grote.
Operateurs staan gereed om klante se eie werk te vergemaklik deur die nodige werk te doen.
Dynamics Kitchens is in Brahmanstraat (ou Rudi Kruger Kombuise) geleë en sy besigheidsure is Maandae tot Donderdae vanaf 7:30 tot 16:30 en Vrydae van 7:30 tot 15:00.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube