<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Roodt seuntjie sterk aan

 

Martin Roodt in sy oom Gawie Brits se arms. By hulle is sy tannie Marina Brits.

News : 24 Oct 2014 339 Viewed By Martie Le Grange 0

Die twintig-maande-oue Martin Roodt van Mokopane wat op 11 Oktober sy gesin in ’n tragiese motorongeluk verloor het (“Net seuntjie oorleef ongeluk”, 17 Oktober), is uit die hospitaal ontslaan en sterk tans goed aan.
Klein Martin het die kop-aan-kop botsing waarin sy ma Thea, sy pa Frik en sy vyfjarige sussie Inamarie op die N1 buite Hammanskraal gesterf het, oorleef.
Hy is verlede Vrydag, ses dae na die ongeluk uit die George Mukari Hospitaal, waar hy mediese behandeling ontvang het, ontslaan.
Die skoueroperasie wat hy sou ondergaan was onnodig, het ’n familielid aan Noordelike Nuus gesê. Sy linkerbeen en arm is egter in gips.
Die Roodt gesin word Vrydag (vandag) vanuit die NG Kerk in Mookgophong
(Naboomspruit) begrawe.
Die familie het hulle dank uitgespreek teenoor elkeen vir die ondersteuning, gebede en medelye.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube